Polatsk

Polatsk
Полацк • Полоцк

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Belarus Belarus
 Admin. gewes (woblast) Witebsk
 Stigting 862
 Oppervlakte:  
 - Totaal 36,74 vk km
 Hoogte bo seevlak 231 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2010) 82 800
 - Bevolkingsdigtheid 2 253,7 /vk km
 Tydsone EET/ UTC +2
 - Somertyd EEST/ UTC +3
 Burgemeester Oeladzimir S. Tachyla
 Amptelike Webwerf polotskgik.by

Polatsk (dikwels ook gespel as Polotsk, Belarussies Полацк Polatsk of Полацак Polazak, Russies Полоцк Polotsk, Pools Połock, Litaus Polockas) is die oudste stad in Belarus en hoofstad van die gelyknamige rajon (distrik). Polatsk is in die noorde van die land aan die Daugava-rivier (Belarussies: Dzwina), sowat 250 km noord van Minsk, geleë.

Sint Sofiakatedraal aan die Dzwina-rivier se regteroewer

In administratiewe opsig maak Polatsk deel uit van die woblast (gewes) Witebsk. In die vroeë Middeleeue was Polatsk die politieke sentrum van een van die drie vorstedomme wat in die gebied van die huidige Belarus bestaan het. Hulle het hul historiese oorsprong in die Kiëf-Roes en word deur Belarus as sy historiese voorlopers beskou. Wes van Polatsk het 'n groot voorstad, Nawapolatsk, ontstaan. 'n Klein lughawe is 9 km suid van Polatsk gevestig.

Polatsk was steeds 'n belangrike handelsplek en vesting. In moderne tye het dit tot 'n spoorwegsentrum en nywerheidstad ontwikkel. Naas 'n olieraffinadery en petrochemiese aanlegte steun die plaaslike ekonomie op die vervaardiging van glasvesels asook hout- en voedselverwerking.

Polatsk se stadsbeeld word oorheers deur die Sint Sofiakatedraal wat oorspronklik tussen 1044 en 1066 in die historiese middestad ontstaan het en destyds met gelyknamige katedrale in Kijif en Nowgorod meegeding het. Groot dele van die katedraal is in oorlogstye vernietig en heropgebou, maar sy oostelike gedeelte en dele van die fondament dateer uit die ontstaantydperk.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search